Hier gesels juffrou Rolien Viljoen oor werkwoorde, spesifiek vir Graad 4 tot 7 leerders.
Daar is 4 hoof groepe werkwoorde: hoofwerkwoord, hulpwerkwoord, koppelwerkwoord en die deeltjiewerkwoord.
Die hoofwerkwoord word ook die selfstandige werkwoord genoem, want hy kan alleen staan en iets beteken.
Die hulpwerkwoord word in drie groepe verdeel: tyd, vorm en modaliteit.
‘n Koppelwerkwoord koppel ‘n ander woordsoort om ‘n sin te maak.
Die deeltjiewerkwoord of skeibare werkwoord is woorde wat soms vas en soms los geskryf word.
Die werkwoord in ‘n sin word ook die gesegde genoem.