Hier kyk ons na die basiese beginsels van volume en kapasiteit vir Graad 4 en 5 leerders. Die video, deur Sumari Wiltz, kyk na hoe om tussen eenhede te herlei.
Kapasiteit verwys na die hoeveelheid vloeistof wat in die houer KAN pas. Volume verwys weer na die hoeveelheid vloeistof wat tans in die houer is.
As ons na ‘n maatbeker kyk, staan die kapasiteit heel bo aan die beker – onthou dit is die totale hoeveelheid wat die maatbeker kan vat. Sumari gesels ook oor hoe om die volume vanaf ‘n maatbeker te lees.
Kom ons hersien ‘n paar herleidingsfeite:
1000ml = 1L
500ml = 1/2 L
250ml = 1/4 L
125ml = 1/8 L
200ml = 1/5 L
750ml = 3/4 L
Dit sal die leerders baie baat om hierdie herleidingsfeite te leer vir wanneer hulle herleiding wil doen.
Besoek gerus on Facebook blad vir meer opvoedkundige videos.