In hierdie video verduidelik ons hoe om persentasies van ‘n geheel uit te werk.
Ons begin met die eenvoudigste – 10% van ‘n geheel. Dit is maklik om hier ‘n patroontjie raak te sien – jy vat net die nul weg. As ons weet hoe om 10% van ‘n getal uit te werk, is dit maklik om ander persentasies uit te werk.
As ons kyk na 30% van 150, werk ons eers 10% van 150 uit. Dit is dan 15 (want ons vat die nul weg). Om 30% uit te werk sal ons sê 15 x 3 en dit gee vir ons, ons antwoord = 45. Dit is die maklike, vinnige, manier. Daar is ook ‘n metode wat ons kan gebruik om by hierdie antwoord uit te kom.
Hierdie video deur wiskundegeemyhoofpyn sal jou help om vinnig hierdie konsep onder die knie te kry.