In hierdie kort video, deur die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers, bespreek ons numeriese en meetkundige patrone.
Numeriese patrone
Numeriese patrone is wanneer daar ‘n patroon gevorm word met getalle en syfers.
Meetkundige patrone
Meetkundige patrone is wanneer daar ‘n patroon gevorm word met prentjies en simbole.
Die nodige teorie word ook bespreek. Die patroon nommer word deur die simbool ‘n’ voorgestel en die patroon waarde word deur die simbool ‘Tn’ voorgestel. Om die algemene reël te bepaal moet jy jouself vra “wat word met die patroon nommer gedoen om die patroon waarde te kry?”