Hierdie video deur Yolandi Neuhoff, bespreek die basiese beginsels wat elke leerder moet verstaan oor breuke. Onthou, breuke kan op verskillende maniere voorgestel word.
Ons begin deur te verduidelik hoe om breuke op te tel. As die noemers verskil, moet ons eers die KGV (kleinste gemene veelvoud) kry om die noemers dieselfde te maak. Nadat ons die breuke opgetel het, moet ons, ons antwoord in die eenvoudigste vorm skryf.
Daarna bespreek ons hoe om breuke af te trek en hoe om breuke te vermenigvuldig. Wanneer ons breuke aftrek moet ons ook die noemers dieselfde kry, en daarom moet ons weer die KGV bepaal. Onthou om altyd jou antwoord te vereenvoudig.
Met die maal van breuke werk ons ‘n bietjie anders. Ons maal die tellers met mekaar en dan maal ons die noemers met mekaar. Weereens moet jy onthou om jou antwoord te vereenvoudig.
Wanneer jy deel met breuke, moet ons die deelteken verander na ‘n maal. Daarom sal die tweede breuk in jou getalsin se teller en noemer omruil – ons noem dit die resiprook. Daarna sal jy dit benader soos ‘n gewone maal som met breuke.
Ons hoop hierdie samevatting van breuke sal jou help by die huis asook in die klaskamer.