In hierdie video deur Elaine van Staden doen ons ‘n bietjie hersiening oor kwartaal 1 werk vir Graad 4 leerders.
Gebruik van hoofletters
Ons kyk na hoofletters en hoe om dit korrek te gebruik in ‘n sin. Hoofletters staan altyd aan die begin van ‘n sin en aan die begin van ‘n eienaam. ‘n Punt word gebruik aan die einde van ‘n sin en ‘n vraagteken word gebruik wanneer ons ‘n vraag vra, bv. Is dit Maandag vandag?
Werkwoorde
Verder kyk ons ook na werkwoorde. ‘n Werkwoord is die DOEN woord in ‘n sin. Die werkwoord kan in die teenwoordige tyd (dit gebeur NOU), verlede tyd (dit HET gebeur) of toekomende tyd (dit SAL gebeur) geskryf word.
Die video verskaf ons ook met ‘n beskrywing van die 4 verskillende sinsoorte. ‘n Stelsin is wanneer iemand ‘n stelling maak of net eenvoudig iets sê. ‘n Bevelsin is wanneer iemand ‘n opdrag gee. ‘n Vraagsin word gebruik wanneer iemand ‘n vraag vra en ‘n uitroepsin is wanneer ‘n emosie uitgedruk word.
Verder bespreek die video die verskillende eienskappe van kortverhale, asook hoe om die skryfproses korrek toe te pas sodat jou kind wonderlike, interessante stories kan skryf.